The following is a good example how an organisation like Crisis On Call make use of "news" to promote their services.
Vervolgens nog ‘n suksesverhaal van CrisisOnCall.
Saterdagoggend is ‘n lid van CrisisOnCall in Pretoria gekaap.
Die kapers het met die lid in sy voertuig rond gery.
Die lid sy vrou het bekommerd geraak toe hy nie by die huis opdaag nie en het CrisisOncall vir hulp geskakel. Sy selfoon was af. CrisisOnCall het begin met standaard protokol wat geld wat persone as vermis aangegee word.
Die lid se vrou kon nie sy voertuig registrasienommer verskaf nie maar omdat CrisisOnCall hierdie inligting ook op stelsel plaas was dit onmiddellik beskikbaar.
Die Johannesburg Metro Polisie het die voertuig later die oggend gewaar met 4 persone daarin. Hulle het met CrisisOnCall gekommunikeer en die voertuig agtervolg.
Die voertuig het die Johannesburg area verlaat en CrisisOnCall het seker gemaak dat die polisie in die Vereniging en Meyerton omgewing ook op gereedheid geplaas is om die voertuig af te trek.
30 Minute later is die voertuig op ‘n grondpad buite Drie Riviere in Vereniging afgetrek en is 3 mans inhegtenis geneem.
Die lid is deur paramedci op die toneel ondersoek. Hy was gelukkig ongedeerd maar hoogs getraumatiseerd. Die CrisisOnCall beradingspan het onmiddellik met hul beradingsaksies begin.
-----------------
Vervolgens nog ‘n suksesverhaal van CrisisOnCall.
Petro is hierdie naweek in ‘n frats ongeluk by haar huis beseer. Sy was bewusteloos en kon dus nie self hulp kry nie.
Haar 6 jarige dogtertjie (wat alleen saam met haar by die huis was), kon CrisisOnCall skalel vir hulp. CrisisOnCall het die hele tyd met haar op die lyn gebly en haar kalm gehou totdat hulp opgedaag het.
Paramedici is ontbied en die bure is versoek om vinnig hulp te gaan bysit.
CrisisOnCall het telefonies advies gegee om Petro aan die lewe te hou. Omdat haar man uitstedig was, is ook met die bure gereël om die huis te sluit en om te sien na hul dogtertjie.
Haar man is gekontak en op hoogte gehou van die gebeure. Die hospitaal waarna Petro geneem is, is ook vooraf van al Petro se mediese inligting voorsien.
Alles kon gedoen word danksy onder andere inligting wat op die CrisisOnCall stelsel beskikbaar is.
-----------------
Die werklikheid oor die belangrikheid van CrisisOnCall se identifiksie stelsel het gister weer eens na vore gekom.
Die Beeld berig ook vanad (15 Augustus 2007) bladsy 5 oor ‘n gru-ongeluk. ‘n Bakkie met skoolkinders van drie verskillende skole het op 14 Augustus om 14:25 op die N4 gerol. 18 laerskoolkinders van drie verskillende skole is ernstig beseer.
‘n Onderwyseres van een van die skole het gistermiddag geskakel en vertel oor die chaos vir 17 van die kinders. Geen inligting was beskikbaar nie en onderwys personeel van die skool waar sy werksaam is, is inderhaas na die Pretoria Akademiese Hospitaal gestuur waar hulle behulpsaam was met die identifikasie van kinders en die insamel van inligting deur via die skool met die ouers kontak te maak. Die aksie het meer as 3 ure geneem om die inligting tov leerlinge van hul skool af te handel.
Sy, self ‘n lid van CrisisOnCall het vertel hoe sy betrokke geraak het. Een van die beseerde kinders het haar CrisisOnCall bandjie gedra en het CrisisOnCall seker gemaak dat die dogter na die regte hospitaal afgevoer word en dat die ouers ingelig word van die ongeluk. Die dogter se ma het verlede jaar by die betrokke onderwyser van CrisisOnCall gehoor en haar geskakel om dankie te sê dat sy haar oortuig het om wel lid te word van CrisisOnCall.
Hierdie oproep het vir Jean die onderwyser laat besluit om die skoolhoof in kennis te stel en aksie te neem. Jean se woorde was: “maak almal lede van CrisisOnCall.
Ons het al baie van jul diens gebruik gemaak, selfs wanneer ons skoolkoor waarby ek betrokke is gereis het was die reismoniterng fantasties. Dit was wonderlik om te weet deur my te monitor word die totale groep kinders ook gemonitor. Nou die ongeluk.
CrisisOnCall het weer eens bewys dat niemand maar niemand sonder die lidmaatskap kan wees nie.”
As you can see from above Crisis On Call make use of almost ANY relevant news to promote the effectiveness of being a crisisoncall client, or lack thereof.
People don't read advertisements but read things like this and that is why CONTENT is far, far more effective as marketing medium than any advertisements.